083 455 6966   sapercheron@gmail.com   
Verereings Aletta Kruger (Tannie Lettie)

VERERINGS ALETTA KRUGER (TANNIE LETTIE)

Tannie Lettie Kruger is op 8 Maart 1933 gebore. Tannie Lettie het in 1963 by SA Stamboek begin werk onder die Sekretariaat, toe genoem Stoetvee dienste, waar hul die Registrasie en Admin van al die Kleiner Genootskappe, oa die Percheron, wat nie ‘n eie bestuurder kon bekostig nie, handteer het.

1990 het Oom Badie( Frans Badenhorst_ haar genader om die administratiewe werk oor te neem van die Percheron en die res is geskiedenis. Tannie Lettie was vir 20 jaar indiens van die Percheron Genootskap vanaf 1990 to 2010. Daarom die Spesiale Erelidmaatskap toekenning.

Tannie Lettie was betrokke met die invoer van semen na Elsenburg van die hings, Jongleur in 1987 en weer in 2004 van die Franse hings, Isidore. Sy was ook deel van die eerte hings wat na 41 jaar Suid-Afrika ingebring is, Sympa de Bellevue.

Haar loopbaan verder in die Stoetbedryf waar sy as Sekretaresse van verskeie Telersgenootskappe werksaam was en ook op ‘n Kontrakbasis steeds by SA Stamboek was vanaf 1963 tot met haar aftrede in 2017.

Toekennings vanaf ander Genootskappe sluit in,

  • Erelidmaatskap van die South Devon Genootskap, met volle stemreg op al hulle Algemene Jaar- en Raadsvergaderings.
  • Gelbvieh toekenning vir dienste gelewer.
  • Oorkondes Spesiale eerbewys vir lewenslange dienslewering vanaf .
  • Dormer, Sussex, Charolais, Ile de France, Varktelers, Saalperd Genootskap, Boran Genootskap.  Stamboek toe ek 40 jaar in die stoetbedryf was. 
  • Sy is ook in 2021 met die Elite Presidents Toekenning vereer. Hierdie toekenning gaan aan persone wat lewenslange bydra tot die Stoetvee bedryf in SA gelewer het. 

Haar Atletiek loopbaan, ja, u lees reg is net so ‘n unieke stuk geskiedenis. 

Op 57jarige ouderdom sluit sy aan by die Meester atletiek en was een van die eerste Meestersatlete wat in 1990 Nasionale kleure(Springbok kleure gekry het vir uitsonderlike prestasies  op die wêreldranglys (55-59 jarige hoogspring en verspring) .       

Op 80-jarige ouderdom het sy die Voorrblad van die Volksblad  gehaal  onder “Meestersatleed verpletter record”.      

Gewigstoot vir vroue   80-84 met 22cm verbeter, die vorige rekord is  in 2004 opgestel.                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                      Sy is voorwaar ‘n dame wat met passie deur die lewe gaan en werklik haar gewig ingegooi het in sake wat haar na aan die hart gelê het.

Baie dankie Tannie Lettie wat jy vir die Percheron Genootskap gedoen het.


RELATED WEBSITE LINKS:

# Name Description
1. Percheron Breeders Society of SA The Percheron Breeders Society of South Africa is dedicated to the preservation and promotion of the Percheron Horse in South Africa.

Tannie Lettie -

Tannie Lettie




© Percheron Horse Breeders' Society of South Africa. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Percheron Horse Breeders' Society of South Africa.